Ganesha

Ganesha (Gaṇeśa)
Basohli-miniatuur, circa 1730. Nasionale Museum, Nieu-Delhi.[1]
Basohli-miniatuur, circa 1730. Nasionale Museum, Nieu-Delhi.[1]
Devanagari गणेश
Affiliasie Deva
Mantra ॐ गणेशाय नमः
(Oṃ Gaṇeśāya Namaḥ)
Wapen Byl
Metgesel Buddhi (wysheid),
Riddhi (welvaart),
Siddhi (vervulling)
Rydier muis

Ganesha of Ganesja (Sanskrit: गणेश; ), wat ook as Ganapati en Winajaka bekend staan, is een van die bekendste en mees geliefde Hindoegode.[2] Sy gelykenis word oral in Indië aangetref[3] en alle Hindoe-affiliasies aanbid hom.[4] Sy aanbidding is nie tot Hindoes en Indië beperk nie, maar kom wydverspreid voor, ook onder Djainas en Boeddhiste.[5]

Ganesha word maklik uitgeken as die god met 'n olifantkop.[6] Hy word oor die algemeen aanbid vir die wegneem van hindernisse[7] en as die heer van beginpunte en van hindernisse (Wignesja, Wignesjwara),[8] asook beskermheilige van die kunste en wetenskappe en die deva (god) van intellek en wysheid.[9] Hy word vereer aan die begin van rituele en seremonies en word opgeroep as die beskermer van letterkunde tydens skryfsessies.[10] Verskeie geskrifte bevat mitologiese anekdotes wat met sy geboorte en dade verbind word en verduidelik sy eiesoortige ikonografie.

Ganesha het in die 4de en 5de eeu tydens die Ghoepta-ryk as 'n afsonderlike godheid in ’n duidelik herkenbare vorm ontwikkel, en het eienskappe van Vediese en voor-Vediese voorgangers geërf.[11] Hy het vinnig gewild geword en is in die 9de eeu plegtig ingesluit by die vyf hoofgode van Smartisme ('n Hindoe-denominasie). Aanhangers van die Ganapatja-sekte, wat Ganesha as die allerhoogste godheid geïdentifiseer het, het in dié tydperk ontstaan.[12] Die hoofgeskrifte toegewy aan Ganesha is die Ganeshapurana, Moedgalapurana en Ganapati-atharvashirsa.

  1. "Ganesha wat gereed maak om sy lotus te gooi. Basohli-miniatuur, circa 1730. Nasionale Museum, Nieu-Delhi. Hy is in 'n oranje dhoti geklee; sy liggaam is geheel en al rooi. Aan die drie punte van sy piepklein kroon is lotusbloeisels geheg. Hy hou in sy twee regterhande die bidsnoer en 'n beker gevul met drie modakas vas ('n vierde is in sy slurp). In sy twee linkerhande hou hy 'n groot lotusblom bo en 'n byl onder, met die handvatsel wat teen sy skouer rus. In die Moedgala-poerāṇa (VII, 70) gooi Ganesha 'n lotus na die demoon van eiewaan (Mamāsura) wat hom aangeval het. Die demoon, wat nie die geur van die goddelike blom kan uitstaan nie, gee aan Ganesha oor." Vir aanhalings en ’n beskrywing van die werk sien: Martin-Dubost (1997), bl. 73.
  2. Rao, bl. 1.
  3. Verwys:
    • Brown, bl. 1. "Gaṇeśa is often said to be the most worshipped god in India."
    • Getty, bl. 1. "Gaṇeśa, Lord of the Gaṇas, although among the latest deities to be admitted to the Brahmanic pantheon, was, and still is, the most universally adored of all the Hindu gods, and his image is found in practically every part of India."
  4. Verwys:
    • Rao, bl. 1.
    • Martin-Dubost, bl. 2–4.
    • Brown, bl. 1.
  5. Verwys:
    • Chapter XVII, "The Travels Abroad", in: Nagar (1992), bl. 175–187. Vir 'n oorsig oor Ganesha se geografiese verspreiding en gewildheid buite Indië.
    • Getty, bl. 37-88, Vir bespreking van die verspreiding van Ganesha-aanbidding in Nepal, Sjinese Turkestan, Tibet, Burma, Siam, Indo-China, Jawa, Bali, Borneo, Sjina en Japan.
    • Martin-Dubost, bl. 311–320.
    • Thapan, bl. 13.
    • Pal, bl. x.
  6. Martin-Dubost, bl. 2.
  7. Verwys:
    • Thapan, bl. 254.
    • Kommentaar op Gaṇapati Upaniṣad, vers 12 in Saraswati 2004, p. 80 vir Ganesha se rol as die verwyderaar van hindernisse
  8. Hierdie idees is so algemeen dat Courtright hulle gebruik in die titel van sy boek, Ganesha: Lord of Obstacles, Lord of Beginnings. Vir die naam Wighnesja, sien: Courtright 1985, p. 156, 213
  9. Heras 1972, p. 58
  10. Getty, bl. 5.
  11. Narain, A. K. "Gaṇeśa: The Idea and the Icon" in Brown 1991, p. 27
  12. Vir die geskiedenis van die ontwikkeling van die gāṇapatya en hulle verhouding met die wye geografiese verspreiding van Ganesha-aanbidding, sien: Hoofstuk 6, "The Gāṇapatyas" in: Thapan (1997), bl. 176–213.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search